ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe nommer

juanita-badenhorst-05-waterlelie-blom

Foto: Juanita Badenhorst.

“Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.” – Galasiërs 2:19-20

In Matteus 10 lees ons dat jy nie neutraal kan staan wanneer jy voor Jesus te staan kom nie. Jy kies of vír Hom of téén Hom. Jesus kom in vers 39 tot die gevolgtrekking dat elkeen wat sy lewe wil behou, dit sal verloor, maar wie sy lewe ter wille van Hom verloor, dit juis sal vind.

Dit herinner my aan die woorde van ER McManus wat ek jare terug gelees het en wat my nou nog bybly: “In pursuing a life that is not about yourself, you’ll find yourself living the life you have always wanted.”

Die reisdokumente van die koninkryk lyk beslis anders. Het jy al jou sterfdatum gekry? Indien nie, moet jy vandag die ernstige waarskuwing van Matteus 10:39 hoor. Indien wel, bid ek dat jy opnuut die vreugde daarvan sal besef.

Delf dieper

In Filippense 1:20-21 skryf Paulus oor die lewe wat hy in Christus beleef het. Hy beskryf daarin ook sy vurige verlange. Kan jy vandag dié woorde ook in jou eie lewe eggo?

Lees 2 Petrus 1:3-4 deur en hoor wat die Heilige Gees vandag daarin ook vir jou sê.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.