ToekomsVenster: Jy kry ’n nuwe reisplan

Reis

Foto: Pixabay.com

“Moenie ’n beurs of ’n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. As julle in ’n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’” – Lukas 10:4-5

Die Koning van die reis nooi sy kinders om daarin te deel. Hy maak hulle deel daarvan. Hoe anders is die Koning van die hemel nie? In plaas daarvan dat dit net oor Hom gaan, maak Hy sy volgelinge deel daarvan. En Hy doen dit steeds.

Het die Here al jou reisplanne verander?

Delf dieper

Lees Matteus 28:16-20 en vra die Here om aan jou te openbaar waar jy die reisplanne van jou lewe vir hierdie dag moet aanpas.

Lees Johannes 20:19-31 biddend deur. Wat wys die Here vandag vir jou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.