ToekomsVenster: Jy maak die verskil

(Foto: Matthew Meijer/Unsplash)

Wees eensgesind onder mekaar. – Rom. 12:16

Dit lyk vir my die gedagtes wat ons hierdie week met mekaar deurpraat sterk saamhang. Vandag praat ons oor eensgesindheid.

Om eensgesind te wees, is belangrik, ongeag die samelewingsverband.

Gesinne wat uitmekaar val is aan die orde van die dag.

Werksomgewings wat gekenmerk word deur spanning, tweedrag en partyskappe is vinnig op weg na ʼn fiasko.

Politieke partye vernaam vind dit nogal uitdagend om lojaal teenoor mekaar en hul kiesers te wees. Daar is alewig iemand wat in ʼn ander rigting wil trek, wat by vergaderings saamstem maar daarbuite verwarring en verdeeldheid saai.

Dan die lewe kerk waarvan ons deel is.

Ek bedoel nie denominasie nie alhoewel ʼn mens die spanning dikwels reeds op gemeentelike vlak beleef. Wanneer ʼn kerkraad of bestuursraad of die leierskap, maak nie saak wat dit genoem word nie, nie langs dieselfde vuur sit nie, het daardie gemeente min kans om God se bedoeling met hulle te bereik.

Dit geld eweseer vir kerkverband binne bv. nasionale verband.

Ons het ʼn hartseer geskiedenis van vooroordeel en agterdog tussen kerke in Suid Afrika. Trouens, die nimmereindigende nuwe gemeentes en geloofsgemeenskappe wat gevorm word, is ʼn bewys dat ons as Christene somtyds erg sukkel om met mekaar oor die weg te kom.

Dit is tragies en help die saak van die Evangelie nie. Om nie eers te praat van Jesus se bedoeling met die kerk nie.

Aan die vooraand van sy kruisiging bid Hy vir sy kerk, sy liggaam op aarde en vir die wyse waarop hulle met mekaar moet saamleef. “Vader” bid Hy, “gee dat hulle Een sal wees. Soos U Vader en Ek die Seun een is so moet hulle een wees”. Tog word Sondagoggend as die mees verdeelde uur in die week beskryf.

Elkeen kies koers na sy hoekie. Probeer om mense bymekaar te bring en die dominees en pastore trek in verskillende rigtings

Saamwerk is moeilik want ons belang weeg die sterkte.

Dalk ʼn harde woord maar ek praat van 35 jaar se ervaring.

Dan weer is daar merkwaardige voorbeelde van denominasies in gemeenskappe wat bymekaar kom en ʼn verenigde front vorm teen dit wat verkeerd is.

Wanneer gawes bymekaar gebring word kan die kerk soveel meer impak maak. Wanneer geleenthede, aksies, fasiliteite, bronne ens. onderling gedeel word kan soveel meer vermag word.

Is jy ook ʼn dwarstrekker? Ag nee, dit is ver verwyderd van die hart van die Evangelie. Ek herinner jou dat Jesus nederig was. (Lees Jesaja 53)

Die oomblik waarin ons leef is van so ʼn aard dat ons eiesinnigheid net nie meer kan bekostig nie.

Jy maak die verskil. Ondersoek jou hart. Ek doen vandag dieselfde.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris ·

Dis so jammer dat min van ons christenvolk die boodskap lees. Ons is verdeeld in alle omstandigdhede. As ons nie aan Hom gehoorsaam kan wees nie, hoe kan Hy ons dra. Dankie vir ‘n baie leersame leering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.