ToekomsVenster: Jy straal met God se teenwoordigheid

(Foto: Patrick Hendry/Unsplash)

Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. – Eksodus 33:20

Ons gee elke oggend die skare voëls wat hulle in ons bome kom tuismaak ontbyt, ja, darem nie spek en eiers nie, maar saad wat ons in grootmaat aankoop. Dit verskaf ons oneindig plesier om die geveerde vriende te hoor kuier en te sien hoe hulle hierdie “genadegawe”, saad waarvoor hulle nie gewerk het nie dankbaar ontvangs. Hul danklied styg letterlik van die grond af op.

Dit is vroegdag maar die son het nog nie sy verskyning gemaak nie en dan skielik breek die son se strale deur en verander die doudruppels wat aan die prieel hang in vrolike pêrels. Die voëltjies wat hulle op die telefoondraad tuismaak ontwikkel skielik ’n skynsel rondom hulle, kompleet of hulle afgeteken word. Dit is asof daar ’n silwerrandjie rondom elke lyfie vorm.

Dit voel soos heerlikheid, glans, die majesteit van die son wat aan hulle kom kleef.

By geleentheid wil Moses God sien en hy vra ook of dit kan. Ons lees daarvan in Eksodus 33.

Die Here beantwoord Moses se versugting maar maan dat hy Hom net van ‘agter af’ mag sien. Dit is eers wanneer die Here verbygegaan het dat hy mag kyk. Hy sien dus vir alle praktiese oorwegings nie die gesig van God nie net sy verbygaande heerlikheid.

Dit is egter genoeg om Moses se gelaat te laat skyn, sodanig dat die volk nie vir hom kan kyk nie.

Hulle versoek dat hy sy gesig met ’n doek moet toemaak omdat die heerlikheid verbysterend, verblindend is.

As iemand vir Moses sou vra waarom hy so blink sou hy kon antwoord – ‘ek was in die teenwoordigheid van God’. Die God van hemel en aarde het Homself aan my geopenbaar, weliswaar net gedeeltelik maar genoeg om my met gloed en glans te omring.

Ons is beeld draers van die lewende God. Die heerlikheid van God omring en omvou ons. Dit kan nie anders nie. Wie God gesien het, kan dit nie wegsteek nie.

Raak mense van God bewus as jy die vertrek binnestap?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here ons God van Wonders wat as offer gekom het vir my sondes….Amen

Andre

Weet nie so mooi van God sien nie maar’n gevoel van God se teenwoordigheid word baie ervaar of as iemand’n vertrek binnekom mag jy binne minute ervaar dat God gawes aan hom/haar geskenk het wat uniek is. Weereens Sy teenwoordigheid