“Daarom, kinders, luister na my, dit sal goed gaan met die wat op my pad bly.” – Spreuke 8:32
Iets om oor na te dink
Een van die take van ouer wees, is om jou kind te skool. Dit word hoofsaaklik gedoen deur kinders skool toe te stuur, wat as ’n voorbereidingsfase dien om onder andere sukses in die beroepswêreld te verseker. In ’n sekere sin kan ons sê dat ons kinders voorberei moet word om eendag te kan geld maak. Tog weet ek nie van een skool wat kinders leer om met geld te werk nie. Watter plan is in jou huis in plek om kinders hierdie belangrike lewensles te leer?
Gebed
Here, baie dankie vir my kinders. Dit is vir my ’n groot voorreg om hulle op te voed na U weë.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.