“Daarom kniel ek in gebed voor die Vader.” – Efesiërs 3:14
Die Vader vestig die aandag op sy Seun terwyl die Seun dit met die Vader doen. Die Gees getuig van alles wat Jesus gesê en gedoen het, getuig die teks in Johannes 15:26.
God is wonderbaar en verhewe, maar naby genoeg aan ons elkeen dat ons getroos en beskerm mag voel. Hy is Immanuel, God met ons.
Bid soos dit vir jou gemaklik is. Bid gedurigdeur, terwyl jy op weg is werk toe of daarvan terugkom. Hewige verkeer is die ideale geleentheid om kalmte by die Vader te soek (Deuternomium 6:7).
Mag jy nuwe vryheid ontdek in die teenwoordigheid van die Een wat jou baie, baie liefhet.
Gebed
Dankie Vader, Seun en Heilige Gees dat U oral teenwoordig is. Ek kan vir U niks wegsteek nie. U sien en ken ook my konteks. Dankie dat U hier by my is. Amen.
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.