ToekomsVenster: Kom na die Here


gesprekke-met-God

Argieffoto.

Prys die Here, prys die Naam van die Here, prys Hom, dienaars van die Here, julle wat in die tempel van die Here staan, in die voorhowe van die tempel van ons God! – Psalm 135:1-2

Die tempel het drie vertrekke gehad: die voorhof, die heiligste en die allerheiligste gedeelte (ek weet dit is ou nuus).

Die gewone mense, die volk van God het in die voorhof vergader. Hulle was daar getuies van die offers wat gebring is met die waskomme en altaar as vernaamste meublement.

Die priesters (julle onthou Sagaria die vader van Johannes die Doper) het diensbeurte in die heiligste gedeelte onderneem. Daar is wierook gebrand, die tafel met toonbrode in stand gehou en die sewevoudige kandelaar van brandolie voorsien. Dit was ʼn hoogtepunt in die lewe van ʼn priester om ʼn diensbeurt in die heilige gedeelte te onderneem.

Die allerheiligste is van die heilige gedeelte geskei deur ʼn dik gordyn. Die hoëpriester het een keer per jaar op die groot versoendag die allerheiligste gedeelte betree en belydenis en versoening gedoen vir homself en die mense vir wie hy verteenwoordig het. Die ark van die verbond met Aäron se staf, amandeltakkies en die wet van die Here soos op klip gegraveer was in die ark. Twee serafs het oor die versoendeksel gewaak. Dit is waar die offerbloed gegiet is.

In die Nuwe Testament gebeur ʼn fenomenale wonder met die dood van Jesus. Die gordyn wat toegang tot God ʼn uitsonderlike, eenmalige gebeurtenis gemaak het word van bo na onder geskeur, bonatuurlik. Die weg na die Vaderhart is oop. Mense kan vanuit die voorhof vorder tot in die allerheiligste teenwoordigheid van die Almagtige.

Soveel mense vorder niks verder as die voorhowe nie.

Matteus 27:51, Die Boodskap (DB): Net toe het die gordyn wat die vertrekke in die tempel verdeel het, middeldeur geskeur van bo na onder.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maliena Myburgh ·

Stuur asseblief kommentaar ivb met ons land se gebeure.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.