ToekomsVenster: Kom sit weer by die tafel

bergpad

Foto: JanBaby/Pixabay.com

Toe dit tyd was, het Jesus aan tafel gegaan en die apostels saam met Hom. – Lukas 22:14

Dink hieraan

Ons leef ons lewe, dag vir dag en dan keer ons weer terug na die tafel as ’n gemeenskap van heiliges, as vriende van Jesus. Ons sit by dieselfde tafel, breek weer brood en weer wyn, maar tog is ons anders, nuut.

Doen dit

Deel ’n slag eenvoudige brood en wyn met jou gesin, met jou vriende en keer keer-op-keer terug.

Gebed

Here, help my om te onthou dat U die middelpunt is; dat ek altyd rondom U sal sirkel. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Madeleine ·

“Die leuen het ‘n kruppel been . . .” Dis een waarheid wat al deur die eeue heen staande bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.