ToekomsVenster: Kom tot rus, besin, dink na, wees en bid


rus-by-God

Foto: Tearsinabottle.wordpress.com/Royalty-Free/Corbis

Lees Markus 6:30-34

God weet sy kinders het tyd nodig om te rus. Dit is van wesenlike belang, want ‘n moeë mens kan nie goed aandag gee, luister of onderskei nie. Daarom begin moeë mense maklik om te doen wat die mense behaag. Dan kry jy minstens goeie terugvoer en word jy geprys as iemand wat alles vir die Here sal gee, jou selfs sal uitbrand vir Hom.

Dit is egter nooit op God se hart dat mense hulleself so moet dryf dat uitbranding hulle tot stilstand ruk nie. God weet, en Jesus het geweet, rus is noodsaaklik. Dit is ook belangrik om by die Vader tot rus te kom, om net by Hom te wees, te luister en na te dink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.