ToekomsVenster: Kom vandag tuis by God


Liggie-in-n-glas

Argieffoto.

Laat my by U ʼn blywende tuiste vind. Laat my skuil onder u vleuels. Sela. – Psalm 61:5

Waar is jou “happy place”? Dis mos daardie plek waar jy welkom, geborge en tuis voel. Dis die plek wat jou met vreugde vervul en inspireer om te droom én te doen. Dis die plek van rustigheid en aanvaarding, van waardering en begrip.

Uiteraard het baie van ons ʼn plekkie op aarde waar ons buitegewoon gelukkig voel. Miskien is dit iewers in die natuur, dalk ʼn vakansiebestemming, tuis in jou eie woning omring deur dit wat bekend is of iewers in die buiteland. Soveel mense, soveel moontlikhede.

Vir ʼn Christen is daar ʼn plek van veiligheid, geborgenheid en betekenis groter as enige aardse verwysingspunt. Die psalmdigter sê iewers dat selfs die voëltjies tuis voel by God.

Dis ʼn plek van veiligheid en geborgenheid.

By geleentheid betreur Jesus die feit dat Hy dit alles wou wees vir die mense van Jerusalem, maar dat hulle dit nie wou aangryp nie. Kom vandag tuis by God. Skuil by Hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Muis ·

Dit is so wonderlik om God te kan dien en te kan weet Ons Hemelse Vader is altyd daar dag of nag ons moet net glo en bid en hande vat, ons staan nooit alleen!! AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.