ToekomsVenster: Kom weer tot bekering

Foto: Juanita Badenhorst.

So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle, julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie. – Jesaja 30:15

Stefan Joubert skryf oor die omvattende betekenis van die begrip bekering. Meeste Christene is bekend met die begrip en die belangrike voorwaarde vir die pad van geloof. Die Bybel sê “Bekeer julle en laat julle doop” (Handelinge 2:38-42).

Daar is talle opdragte in die Bybel wat met bekering verband hou. Veral in die ou Testament maak God erns met die onverskillige lewenshouding van sy kinders. Dit is asof hulle vergeet het wat Hy is en wat sy goedheid vir hulle gedoen het.

Vanselfsprekendheid, selftevredenheid en onverskilligheid in jou verhouding met die Here is onverantwoordelik, ondankbaar en arrogant. Bekering is om gedurig opgeskerp in sy teenwoordigheid te lewe.

Daar is sprake van ʼn aanvanklike bekering en dan die daaglikse, voortdurende bekering. Soos die Gees van die Here ons aanvanklik oortuig het van die noodsaak om na God te keer (dit is tog wat bekering beteken, weg van jouself en die wêreld en ʼn radikale omkeer en terugkeer na die Een wat jou geskep het) doen Hy dit voortdurend namate ons op die pad van heiligmaking vorder. Stephan som die ware betekenis van bekering as volg op “die enigste blywende verandering is daardie soort wat strek tot in jou siel”.

Die Griekse woord metanoia sê hy beteken ʼn radikale lewensverandering, ʼn splinternuwe manier van kyk na die lewe.

Ons kleef in ʼn kosmetiese wêreld. Soveel dinge is terwille van die vertoon en effektief oppervlakkig. God se werk in ons, deur sy Gees, is diepgaande, omvattend, radikaal en volledig.

Kom jy agter dat die Gees so met jou besig is?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.