ToekomsVenster: Koninkryk

koninkryk-embleem-skuld

Foto: Imagesthai.com/Pexels.com

Die begrip “koninkryk” is vir die meeste van ons ’n vreemde begrip. Ons blootstelling aan bevolkingsgroepe en lande waar daar wel ’n dinastie van soort is, is waarskynlik baie beperk.

Die begrip “koninkryk” is egter nie ’n vreemde begrip vir die mense van die Bybel nie. Trouens, die storie van die Ou Testament is gehul binne hierdie wêreldbeeld, naamlik die volk Israel wat hulle tussen ’n klomp ander koninkryke bevind en dan by die Here pleit om ’n eie koning, iemand van vlees en bloed.

Die Nuwe Testament stel ons egter bloot aan ’n ander tipe koninkryk; ’n koninkryk wat in alle opsigte anders is as die koninkryke van die wêreld; ’n koninkryk met ’n vreemde tipe Koning, wat in wese onderstebo is en waarvan die grondwet só radikaal anders is dat daar iets met die burgers van hierdie koninkryk moet gebeur voordat hulle volwaardig burgers kan wees – burgers met al die voorregte en verantwoordelikhede wat daarmee gepaard sou gaan. In hierdie koninkryk heers die wil van die Koning en leef die burgers daarvan tot Sy eer en word hulle getaak met die verantwoordelikheid om dit uit te brei, deur die nuus van die Koning aan ander mee te deel.

In hierdie studie gaan ons poog om dieper te delf in hierdie wonderlike rykdom wat opgesluit lê in die enkele frase: Die koninkryk van God het naby gekom. Ons sal ontdek hoe anders hierdie koninkryk is, waarmee dit vergelyk word, hoe ek deel kan word daarvan, wat dit van my sal vra en hoe om dit biddend te benader.

“Many people are so in step with the thinking and assumptions of the earth that they cannot accept the message of Jesus Christ from heaven.” – Kevin DeYoung

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria ·

Ten spite Israel om eie koning wou gehad “hardkoppig”. Dink groot n fout wat ons gemaak het. Daar nooit ..ooit n Koning soos U nie asook kan vervang word nie. Ek het eenkeer gestem asgevolg my pa se keuse vanaf 1994- tot vandag nooit gestem nie want U bly veraltyd my liefling Koning

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.