ToekomsVenster: Kry die duiwel jou soms onder?


bekommernis

Argieffoto.

Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg. – Markus 1:12-13

Gelei deur die Heilige Gees word Jesus die woestyn ingelei. Die ander Evangelies berig breedvoerig oor die tergende gebeure daar. In skaamtelose arrogansie word die Seun van die mens, die sondelose Seun van God, aan die venyn en vernederende aansprake van die duiwel onderwerp. Die woestyn is die woonplek van die duiwel en sy demone. Soos later, triomfantelik, demonstreer Hy hier al wat die toekoms van die demoniese magte inhou.

Met die Woord gewapen, spreek die vleesgeworde Woord woorde van teregwysing en wysheid. Dit staan geskryf. Dis opmerklik dat die satan die Woord aanhaal. Dit onderstreep sy arrogansie en voortvarendheid net meer. Sy aanspraak op die koninkryke van die wêreld is vergesog en aanmatigend. Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan. Aan Hom behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in alle ewigheid.

Jesus loop die woestyn in sonder dat die wilde diere Hom skade berokken. Hulle herken hul Skepper in hul midde. Die engele versorg Hom. Hy is oorwinnaar oor die bose en demonstreer dit grafies deur die oop graf.

Kry die duiwel jou onder? “Dit staan geskryf” sit hom op sy plek.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Velma Venter ·

Ai, presies die woorde wat ek vanoggend so nodig gehad het. Baie dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.