ToekomsVenster: Laat die kindertjies na my toe kom… (’n verlore generasie kinders)

teddiebeer-01

Foto: Alexas_Fotos/Pixabay.com

“… strek jou hande uit en bid om die lewe van jou kinders, hulle wat van honger beswyk op die hoeke van die strate.” – Klaagliedere 2:19b

“Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” – Lukas 18:16

Wat sal ons maak as die kind Jesus tussen ons opstaan en sê “Ek was wees en honger en bang en julle het my weggewys!”?

Dink hieraan

As ’n individu of gesin of gemeente wil julle dalk oorweeg om te belê – in ’n verhouding – finansieel of opvoedkundig – in die lewe van ’n spesifieke kind of groep kinders.

Gebed

Here, help my kinders om ander kinders raak te sien vir wie daar ’n geringe toekoms is. Gee ons ore om te hoor waar kinders roep en help ons om te doen. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.