ToekomsVenster: Laat die liefde jou lei

lamp-lig-maanlig

Foto: Guilherme Stecanella/Unsplash.com

Iemand het gesê dat as ʼn mens spreekwoordelik die hart van die Evangelie in die Bybel probeer “raak boor” dit sonder vrees vir teëspraak, liefde sal wees. God se totale betrokkenheid by hierdie wêreld, van die skepping af tot en met vandag het net een onderskrif; die onverstaanbare en onweerstaanbare liefde van God vir sondaarmense.

Die wêreld is baie onderstebo, veral in Suid-Afrika en ’n mens maak nie altyd kop of stert daarvan uit nie. Tog het God ons nie aan onsself oorgelaat nie en laat die liefdesverbintenis wat Hy met ons het Hom nie toe om dit te doen nie.

As ons Hom soek sal ons Hom vind, Hy laat Hom vind. Matteus 7:7 sê: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word.”

Liefde moet daarom ook die leidende beginsel van ons eie lewe wees. Juis omdat ons deur die liefde gelei en gedra word mag ons nie ander mense sondermeer uitsluit daarvan nie.

Dit kan so maklik gebeur dat ons ander oordeel en veroordeel, veral wanneer hul manier van dinge doen en beleef, “anders” is as ons s’n.
“Anders” is nie noodwendig verkeerd nie, inteendeel. “Anders” bring ʼn ryke skakering na die mens ervaring as ons bereid sou wees om lank genoeg stil te sit, te luister en waar te neem.

Onthou, ons manier van dinge doen is weer vir ander vreemd.

Sou iemand by wyse van spreke in die hart van ons bestaan “in boor” moet niks anders gevind word as die liefde nie.

Die Bybel leer immers, sonder liefde is ons niks. (1 Kor.13)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.