ToekomsVenster: Laat u koninkryk kom


skryf-jou-eie-storie

Argieffoto.

Lees Matteus 6:10a

Hier kom ons weer by iets wat vir mense wat self “godjies” wil wees, baie moeilik is om te laat gaan.

Om te sterf aan jou koninkryk is om te sterf aan die reg om enigiets te besit. Dit is ‘n erkenning dat jy jouself, met alles wat God aan jou toevertrou het, onder sy beheer stel, want Hy alleen is die regmatige Eienaar van alles. Dit is om te sterf aan die idee dat jy vir jouself en jou gesin moet sorg en daarom self beheer moet neem oor hoe jy geld verdien, waar jy jou geld en hoe jy besigheid doen. Dit is om te erken dat jy nou onder die Vader se sorg is en daarom net kan doen wat Hy vir jou wys om te doen, met die wete dat Hy vir jou en jou gesin sal sorg.

Dit is om te aanvaar Hy het vir jou gawes en vermoëns gegee waarmee jy diensbaar kan wees in sy koninkryk, om Hom te verteenwoordig en te verheerlik. Daarom is jy net ‘n rentmeester van alles wat na jou kant toe kom. Jy kan dus nie daarmee maak wat jy wil nie; jy moet sy leiding soek oor waar Hy dit wil gebruik of nodig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marianne ·

As n nie gristen, hoe gemaak om nie die tjol te ontvang nie of moet ek heeltemal unlike?

Sune van Heerden ·

Dagsê Marianne

Ons stel dan voor dat jy nie op die berigte klik of dit lees indien dit onder die “stiltetyd”-kategorie gepubliseer is nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Johan Katzke ·

Die gebed. Laat U Koningkryk kom kan realiseer in die lewe van hul wat reeds in hulself gesterwe het (erken hy /sy het ń Verlosser nodig). Die geestelike jy sien deur die Woord wat in die Koningkryk is en deur geloof kan dit ń realiteit word in sy/haar fisiese wêreld !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.