ToekomsVenster: Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel


stadiger-lewe

Foto: Chiangmainews.co.th

Lees Matteus 6:10b

Hierdie seker een van die moeilikste gebede om te bid – as ‘n mens dit werklik uit jou hart uit wil bid. Dit is moeilik om werklik te glo dat God se wil vir jou lewe veiliger kan wees en meer stabiliteit, geluk en rus as jou eie planne en idees kan inhou. Dit wat God van ons vra, gaan so dikwels lynreg in teen die wêreld se manier van doen dat dit nie vir ons verduisterde verstand sin maak nie. Daarom vra hierdie oorgawe werklik ‘n “sterwe van die self”. Dit voel soos dood; dit voel gewoonlik nie reg nie.

As jy egter God se dissipel wil wees, vra dit aandag aan dit wat God doen. Dit is dalk net belangriker as dit waarmee jy besig is! Dit vra tyd, ‘n stadiger lewe, ‘n meer bewuste lewe. Jy moet bewus word van wat besig is om met jou, jou gesin, jou huwelik en jou vriende te gebeur. Jy moet agterkom wat op God se hart vir dit alles is – en jy sal dit nooit so in die hardloop agterkom nie. Dit begin eers gebeur wanneer jy aan jou eie wil en planne gesterf het en begin bid: “Laat u wil ook op die aarde geskied, hier waar ek nou is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.