ToekomsVenster: Leef in oorwinning


klippies-water-see

Foto: JuergenPM/Pixabay.com

Van Dawid. Geloof sy die Here, Hy is my rots. Hy leer my hande om oorlog te maak, my vingers om te veg. U is my krag en my skuilplek, my veilige vesting en my redder, my beskermer by wie ek skuil, wat my volk aan my onderdanig maak. – Psalm 144:1-2

My rots, my skuilplek, my veilige vesting, my redder, my beskermer. Sjoe, dis mooi taalgebruik. Eintlik beteken dit dieselfde ding. Die digter het in en by God beskerming gevind.

Soms moet ʼn mens weerstand bied. Terugbaklei. Soms moet ʼn mens die vyand die stryd aansê. Soms moet ʼn mens terugslaan. Die Bybel leer ons om die ander wang te draai, om ook jou onderkleed uit te trek as iemand jou bokleed vra, om ʼn ekstra myl te stap as iemand een van jou vra.

Dis een kant van die waarheid. Christene is nie ruggraatloos nie. Hulle kan hul woord doen as dit van hulle gevra word, hulle kan hul nek styf maak. Hulle kan ʼn streep in die sand trek en sê tot hier en nie verder nie. Hulle is niemand se slaansak nie. Hulle kan uitstap en wegstap. Hulle hoef nie te bly nie. Hulle is nie en het nie nodig om ter wille van watter rede ook al in ʼn vernietigende en afbrekende verhouding te bly nie. Christene kan ʼn keuse uitoefen. Hulle kan hul woord gestand doen. Christene is nie slap nie, hulle smelt nie soos roomys in die son nie. Hulle kom nie tot niks nie. Hulle neem stelling en standpunt in, hulle verdedig hulleself, veral hul geliefdes.

Jesus het nie sonder meer gevou onder die aanvalle van vyande nie. Hy het die duiwel met die Woord beveg. Hy het sy leuens lam- en blootgelê. Hy het in oorwinning geleef.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Christine ·

Amen , vandag wil ek ook saam met die Psalm Digter uitroep ” Dankie Jesus U is ook my Rots, my veilige vesting, my Skuilplek, my Redder en my Beskermer, “

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.