ToekomsVenster: Leef tot eer van die Here


die-Here-se-krag

Foto: Reint Dykema.

Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe. – Psalm 101:2

Waaraan wy jy jou toe? Waarin bestaan die gerigtheid van jou lewe? Wat is die fokus van jou lewe? Kortom, hoekom is jy hier, op aarde, in hierdie tydsgewrig, gemeenskap, konteks, ruimte en omgewing? Hoekom is jy wie jy is, met daardie besondere gawe kombinasie, aanvoeling, passie, ens.?

Daar is net een sinvolle antwoord: om die verlossingsdade van die Een wat ons geroep het uit die duisternis na Sy wonderbare lig te verkondig. Opregtheid staan duidelik in verband met jou verstaan van wie God is en waarvoor Hy jou bestem het. Dis ʼn lewe wat gerig is op Sy verheerliking eerder as eie reputasie en eer. Dis ʼn lewe van integriteit, dit hang saam, daar is konsensus tussen jou dag en nag, oggend en aand.

Maak vandag ʼn kwaliteit besluit om tot eer van die Here te lewe.

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. – Gal. 5:22-23

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

neelsie ·

Jou hele lewe moet n lofoffer aan God wees.
Die vrug van die Heilige Gees sal dan sigbaar wees in jou lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.