ToekomsVenster: Leerbaarheid, nog ʼn waarde vir ons tyd


boeke

Foto: Likeisaidlady.com

Hy het vir hulle gesê: “’n Lamp kom mos nie onder ‘n emmer of onder ‘n bed nie? Is dit nie bedoel om op ‘n staander gesit te word nie? Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom. As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!” Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle MEET, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word. Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word; en wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.” – Lees Markus 4:21-25

Die hervormer Johannes Calvyn het gesê die Here het ‘n gees van genoegsaamheid by hom weggeneem en aan hom ‘n gees van leerbaarheid (teachability) gegee wat hom sy lewe lank sou by bly en soos ‘n vuur in hom sou bly brand.

Leerbaarheid as lewensingesteldheid (waarde) lei natuurlik ook daartoe dat ons die wysheid van die lewe ontdek en as mense geweldig groei.  Hoe gouer jy leer dat jy nie alles weet nie en ook nooit volleerd is nie, hoe meer sal jy as mens groei.

Ons het soveel te leer van mekaar in ons land.  Ons het soveel ryk kulture.  Ons kan die verskeidenheid van ons land sien as ‘n onuitputlike bron van verryking.  Ek het van my diepste praktiese geloofswaarhede by mense uit ‘n ander kultuur geleer.  Hulle diep insigte in God se Woord was vir my verrassend, vars en kosbaar.  Hoe meer ek myself oopgestel het, hoe meer is ek verryk.

Leerbaarheid sluit sterk aan by nederigheidLeerbare mense is nederige mense.  En nederige mense is instaat om te ontvang omdat hulle hulself nie bo ander se kennis verhef nie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.