ToekomsVenster: Lei ons nie in versoeking nie

skemer-sonsondergang-boom-landskap-deur-juanita-badenhorst-2018-06

Foto: Juanita Badenhorst.

Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose. – Matt 6:12

Uiteraard is die bedoeling nie dat God ons tot die verkeerde dinge verlei nie. Inteendeel. Die bedoeling is dat ek as kind van God die genade sal vind om die verkeerde die rug toe te keer, om nie ʼn tuiste daarvoor in te rig nie.

Jakobus maan ons oor hoe die verkeerde in ons lewens vervleg raak. Begeertes en manipulasie van die hart bring ons daartoe om gaandeweg te ontdooi wat die verkeerde betref. Gaandeweg vind ons redes waarom die verkeerde akkommodeer kan word. Ons rasionaliseer daaroor.

“God sal verstaan en ander mense, selfs Christene, doen dit ook.

Mens wil darem nie wêreldvreemd wees deur iewers op ʼn eiland te bestaan nie.

Ons is darem nog in hierdie wêreld. Ons is nog nie in die hemel nie”.

So gaan ʼn mens voort en kort voor lank is jy weer terug waar God jou kom haal het, in die vyand se kloue.

Daarom dat die teks sê, “trek die volle wapenrusting van God aan sodat julle staande kan bly en desondanks die aanslae van die duiwel nie toegee nie”.

Ek wonder wat sou die Heilige Gees se respons wees op die gebed (lei ons nie in versoeking nie). Miskien sou Hy antwoord “dit is presies wat Ek wil doen. Ek wil jou bewaar van elke onheil. Ek wil vir jou ʼn rots wees waar jy kan skuil”. Lees gerus Jes.32.

Ken jy die Heilige Gees so?

Hoe gaan dit met jou saam wat hierdie gebed betref?

“Gebed moet nie beskou word ‘as ‘n plig wat uitgevoer moet word nie, maar eerder as ‘n voorreg om te kan geniet, ‘n rare vreugde wat altyd ‘n nuwe skoonheid openbaar.’” ~ EM Bounds

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.