ToekomsVenster: Lewe in oorvloed


vryheid

Argieffoto.

Lees Johannes 10:1-10

Jesus het nie net gekom om vir jou te kom wys hoe ‘n verteenwoordiger van God leef nie. Nee, Hy het baie meer as dit gedoen. Hy het ook gekom om weer God se oorvloed met jou te kom deel; om dit vir jou moontlik te maak om op die plek te kom waar jy weer in gemeenskap met God kan leef en Hom toelaat om jou God te wees.

Hy kom dus as ‘n Herder wat vir sy skape die pad terug na die kraal, na God se kraal, wys. Hy wys nie net die pad nie; Hy is ook die deur of die ingang na die kraal.

Word stil en dink na oor die woorde in vers 10. Wat sê dit nou vir jou? Onthou, dit gaan nie hier oor oorvloed van gemak, gerief en geld nie. Dit gaan oor die oorvloed wat God vir elkeen van sy kinders bied, maak nie saak in watter omstandighede jy jou bevind nie. Dit is die oorvloed wat Paulus en Silas in die tronk ervaar het en wat hulle laat lofliedere sing het terwyl hulle stukkend geslaan was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.