ToekomsVenster: Lewensbeginsels van kwaad en vergifnis

see-spoel-golwe

Foto: Michael Olsen/Unsplash.com

Suid-Afrika is kwaad. Daaroor word baie geskryf en gepraat. Die wyse waarop ons met mekaar omgaan, die slagting op ons paaie met padwoede en aggressie teenoor ander is alles tekenend daarvan.

Ons is kwaad vir ander, vir onsself en meermale vir God. Die Here vra vir Jona of hy rede het om ongelukkig te wees. Natuurlik het hy nie. Die Here was die groot en bekende stad pas genadig en het die stad van uitwissing gespaar.

Jona het ʼn ander verwagting gehad. Hy wou hê God moet ook kwaad wees, net soos hy. Die Assiriërs het Israel meermale aan die keel beet gehad en Jona het nie vergewe nie. Dis terugbetaaltyd. Die Here moet hulle gee wat hulle toekom. Hy moet die heidene uitwis en die gedagte aan hulle van die aarde afvee. Die geskiedenis is bekend. Hy doen dit nie. Hy begenadig die mense.

Ons wil hê die Here moet mense rondom ons bykom, tot verantwoording roep en straf. Ons wil net nie hê die Here moet konsekwent wees en dieselfde met ons doen nie. Dan moet ʼn ander stel reëls geld.

Mense wat kwaad is vir mekaar doen baie skade. Hulle dra hulle aggressie aan hul kinders oor. Hulle steel ander se toekoms voor hulle weg. Hulle verydel anders se drome. Ons doen dit veral met ons kinders en die kinders van hierdie mooi land.

Die teenoorgestelde van kwaad is vergiffenis. Toegegee dat ons almal net mense is en die merkwaardige vermoë besit om seer te maak te teleur te stel. Ons is almal sondaars. Dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God. Ons verdien die dood maar God sien ons in genade aan.

Soos iemand gesê het, God boer met genade. Hy wil dat ons dieselfde sal doen in ons omgang met mekaar. Vergewe is nie altyd maklik nie maar dis noodsaaklik en dis God se wil. Daar is geen alternatief nie, nie as ons na die boodskap van die Bybel luister nie. As ons nie vergewe nie kan ons Vader in die hemel ons ook nie vergewe nie.

Neem afskeid van kwaad, aggressie en in eie munt terug betaal. Vra dat die sagte Gees van God van jou besit neem vandag. Dis hoe Jesus teenoor ander opgetree het.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Santa ·

Lol…ja..”vergewe” terwyl by my huis ingebreek word en ek gedreig word met verkragting en dood??
“Vergewe”…wanneer MY mense see kinders…MY mense nageslag gebruik word soos vuil vloerlappe in n siel politieke spell deur die regering en media huise??!!
Jammer..ek is nie n slaphandjie sag vroutjie wat Sommer net also gelate sal aanvaar nie!! Vergeet dit!!

Santa ·

Lol…ja..”vergewe” terwyl by my huis ingebreek word en ek gedreig word met verkragting en dood??
“Vergewe”…wanneer MY mense see kinders…MY mense nageslag gebruik word soos vuil vloerlappe in n siel politieke spell deur die regering en media huise??!!
Jammer..ek is nie n slaphandjie sag vroutjie wat Sommer net also gelate sal aanvaar nie!! Vergeet dit!!
En as ek help toe gaan omdat ek MY mense see beste belange op die hard het…SO BE IT!!!!

Maggies ·

Ek is al voorskools verkrag (deur tuinjong), ek is van kleins af gemolesteer deur mense waarna ek moes opsien. Gedreig dat ek weeshuis toe sou gaan indien ek sou praat. Dit het my lewe ondraaglik gemaak, siekte toestande, depressie het ingetree. Tot ek vergewe het. Mens kan dalk nooit vergeet nie maar vergifnis genees. Nog beter is om waar moontlik, vir die persoon te sê jy vergewe hom. Dít kan sy lewe ook verander. Vergewe soos jy vergewe wil word… daarin lê jou eie vryheid

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.