ToekomsVenster: Lewensbeginsels van negatiwiteit en waardering

warmlugballonne-ian-dooley-unsplash

Foto: Ian Dooley/Unsplash.com

Negatiwiteit is aansteeklik. Dink maar aan hoe enkele negatiewe opmerkings rondom ʼn braaivleisvuur die atmosfeer bederf. Dis nie lank nie en ʼn somberheid sak oor die gaste toe. Dis so maklik om negatief te wees. Dis eintlik ʼn vorm van hoogmoed.

Dit sê eintlik dat wat jou betref, jy ʼn saak baie beter kan bedryf en dat die ander party nie regtig weet wat hy doen nie. Toegegee, daar is dinge in ons samelewing waaroor ʼn mens inderdaad wonder. Daar is egter ʼn verskil tussen negatiwiteit en ʼn gebalanseerde bespreking wat op feite gegrond is. Dis valse getuienis om met halwe waarhede te koop te loop.

Hoorsê is nie bewese waarhede nie. Hoorsê grens aan skinder en skinder is sonde. Min sake in die lewe is so eenvoudig en voorspelbaar dat dit sondermeer afgeskryf kan word. In elke saak is daar iets wat waardeer kan word. Dis ver beter om daarna te soek as om gedurig foutvinderig te wees.

Ken jy sulke negatiewe mense? Dis verlammend en ʼn mens wil hulle nie naby jou hê nie. Is jy dalk so ʼn negatiewe mens?

Teenoor hierdie venynigheid staan waardering. Probeer vir ʼn slag by die positiewe, die prysenswaardige, die wins te begin.

Ek het ʼn sang onderwyser gehad wat, wanneer klasvoordragte gelewer moes word, altyd begin het met wat het Jannie goed gedoen? Daarna, waaraan moet Jannie werk? Nie wat het hy sleg gedoen nie, waar het hy gefaal, waar het hy die mas nie opgekom nie.

Dit bemagtig ʼn mens as jy woorde van waardering hoor. Ons kry meermale met die wind van voor te make in hierdie kompeterende en selfsugtige wêreld. Kom ons doen dinge anders. Minder negatief, meer waarderend. Daar is altyd iets wat jy opreg kan komplimenteer en waardeer. Na alles, hoe het jy bygedra dat dinge daar beter uitsien?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blaarman ·

Ja-Nee

Baie toepaslik. Kyk maar die galbitter kommentaar op die artikel rondom Waterkloof se nuwe skoolhoof wat die skooljaar met’n valskermsprong ingewei het. ‘n Wonderlike inisiatief wat die studente entoesiasties oor hulle skool en die lewe maak. Maar tog is daar bitterrrrrrr mense wat vol ongegronde kritiek is op die man!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.