ToekomsVenster: Lewensbeginsels van verbeeldingloosheid en kreatiwiteit

sonsopkoms-voor-rekenaar

Foto: Simon Abrams/Unsplash.com

Christene word dikwels as saai, oninteressante bleeksiele beskryf en dis is soms waar. Christene kyk na die manier waarop die mense rondom hulle fees vier en uitbundig leef. Hulle verlang self na meer maar is vasgevang in voorskriftelikheid en reëls wat vir niemand sin maak nie en ander mense van die kerk en sy boodskap afskrik.

Daar is meer as die roetine waaraan ons gewoond geword het. Uiteraard is daar sleur in die lewe, take wat uitgevoer moet word. Die lewe is nie een plesierrit nie maar dit is ook nie bedoel om ʼn marteling te wees nie. Regtig, wanneer laas het jy die lewe geniet, wanneer laas was jy uitbundig en vry?

Hoe sal dit voel om net weer ʼn slag sorgvry en tevrede te wees? Die bekende advertensie sê “you can stay as you are for the rest of your life, or you can change”. Die res is bekend maar is nie die verandering waarna ek verwys nie.

Het dit nie tyd geword dat jy uitbreek uit die geroetineerde bestaan waaraan jy gewoond geword het en wat mense rondom jou tevrede stel en vir ʼn slag soos iemand gesê het buite die lyne van die tekening in te kleur. Wie het gesê jy moet binne die lyne bly?

Is daar nie ʼn wêreld wat wag om ontdek te word aan die ander kant van die kontoere van die samelewing nie? Prediker sê ʼn mens gaan rekenskap gee van die jare wat vermors is toe jy moes geleef het maar te gou oud geword het.

Nee wat kinders van die Here, kom ons besin en droom oor ʼn lewe buite die normale, die voorspelbare, die voorskriftelike. Net ʼn tikkie vryheid is al wat ek vra, sing die lied.

Jesus het ons vrygekoop. As die Seun ons vrygemaak het sal ons mos waarlik vra wees, of hoe? Waar kan mense sien en ervaar dat jy vrygekom het? Wees ʼn slag ambisieus, waag dit in die onbekende, daag die grense uit. Maak die deure oop en kyk wat aan die ander kant daarvan bestaan. Jy gaan heerlik verras wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.