ToekomsVenster: Lewenskeuses


watter-pad-om-te-neem

Foto: Argief.

Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie… As iemand die Here dien, leer Hy hom watter pad hy moet kies… Die Here neem dié wat Hom dien, in sy vertroue… – Lees Psalm 25:1-15

Daar is ‘n magdom keuses elke dag.  Sommige is oombliklike keuses, soos om by die stopstraat te stop of nie, links of regs te draai, te praat of stil te bly… Ander keuses gee meer tyd en is soms moeiliker omdat daar nie padtekens is wat my help nie.  Dit is onder meer beroeps-, verhoudings-, studie-, en verhuisingskeuses.  Dit gaan gepaard mmet worsteling en onsekerheid, twyfel en soms angstigheid.  Dit is keuses wat ons snags laat wakkerlê en bid.

God se waardes help my ook met hierdie groter keuses.  Vrae wat help is:

  • Hoe dien ek God met hierdie keuse?  Stel dit my verhouding met Hom in gevaar?
  • Is dit ‘n selfsugtige keuse? Hoe help (dien) ek my medemense met hierdie keuse?
  • Watse kompromieë maak ek dalk met hierdie keuse?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.