ToekomsVenster: Liefdadigheid

Argieffoto.

“… As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie.” – Matteus 6:2 (1983-vertaling)

Raak prakties

Die kwessie is nie of liefdadigheid deel van gelowiges se lewe moet wees of nie, maar eerder hóé dit gedoen moet word. Christus se raad is “laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie.” Gelowiges moet dus liefdadigheid toepas met ’n rein en opregte hart asook as ’n reaksie op God se liefde. Wees sensitief vir ander se moeilike omstandighede en onthou dat geldelike ondersteuning nie die enigste manier is om te help nie.

Iets om oor na te dink

Om liefdadigheid aan behoeftige gelowiges te offer, bly maar ’n sensitiewe saak. Medegelowiges wat hulself in ’n moeilike finansiële plek bevind, is baiekeer skaam en onseker oor hul huidige posisie en om hulle in die openbaar te seën mag dalk eerder spanning bring. Watter plan het jy in plek om hierdie hekkie te oorbrug?

Gebed

Here, baie dankie vir die voorreg om tot seën van ander te kan wees. Help my asseblief om U stem duidelik te hoor waar ek tot hulp kan wees vir ander in nood.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.