ToekomsVenster: Liefde en die waarheid

(Foto: Priscilla Du Preez/Unsplash.)

Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. – 1 Kor. 13:6

Onreg is ’n aaklige ding. Ons word daagliks met onreg gekonfronteer in ons pragtige land, Suid-Afrika.

Onreg is ’n ook wêreldwye fenomeen. Onreg is wanneer iets aan iemand gedoen word wat hom of haarself nie na behore kan verweer nie. Dit is om van die armes te steel, hul menswaardigheid, besittings, menswees te minag.

Ek vind dit vreemd dat Paulus dit hoegenaamd nodig vind om oor onreg te praat en dit binne die konteks van ’n Christelike gemeente. Hy sou dit egter nie aanroer as dit nie ’n uitdaging was in die gemeente in Korinte nie.

Om jou in ander se verleentheid, swaarkry, pyn en leed te verbly, is darem baie, baie erg. Waarom sou ’n mens dit hoegenaamd wou doen?

Net onvolwasse mense wil terugbetaal, wil die skaal in hulle guns swaai.

Die waarheid bevry mense. God staan aan die kant van die waarheid, trouens die liefde verbly hom oor die waarheid.

Mense verwoord die waarheid egter op verskillende maniere. Ons diverse samelewing word deur genuanseerde waarheid gekenmerk. Wat vir jou waar en selfs onverhandelbaar mag wees, is vir ’n ander persoon nie noodwendig ’n probleem nie. Paulus sê elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees.

Ons worstel met baie eietydse vraagstukke. Sake waaroor ons in die verlede so seker was verdra nie vandag die toets van gesonde en verantwoordelike eksegese nie. Trouens, dit slaag ook nie die toets van die liefde nie. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie, leer Paulus ons in Romeine.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.