ToekomsVenster: Liefde en gawes

koffie-koppie-liefde-hart

Foto: Nathan Dumlao/Unsplash.com

Soos reeds by ʼn vorige geleentheid gesê, ons gesels oor die liefde veral na aanleiding daarvan dat tientalle huwelike hierdie tyd van die jaar voltrek word. Dis iets om oor baie opgewonde te raak. As daar huweliksklokkies gaan lui in jul huishouding en familie – baie geluk namens ons almal by ToekomsVenster en Maroela Media.

Die lied op liefde, 1 Kor. 13 is bekend en geliefd en sal die tersaaklike teks wees by talle van hierdie geleenthede. Die interessante is dat die gedeelte nie in die eerste instansie oor die huwelik handel nie, maar oor geestelike gawes en die ordelike beoefening daarvan in die gemeente.

Paulus praat oor hierdie belangrike saak in 1 Kor. 12-14. Die geestelike gawes was ʼn belangrike onderwerp in die gemeente en Paulus wil seker maak dat Christene sal weet hoe dit in die liggaam van Christus akkommodeer moet word. Juis daarom sluit hy by die geestelike gawes aan, ook in sy lering aangaande die liefde in hoofstuk 13.

Sy vertrekpunt is dat die beoefening van selfs die mees gesogte gawes niks meer as geraas is, tensy dit gerugsteun word deur die liefde nie.

Tog is die gedeelte heel gepas wanneer dit nie net by die huweliksverhouding kom nie, maar inderdaad alle interpersoonlike interaksie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.