ToekomsVenster: Liefde loop saam met geloof en hoop

hoop-plantjie-groei

Foto: Engin Akyurt/Unsplash.com

Paulus sluit die gedeelte in Kor. 13 af met ʼn samevattende opmerking. In die gawes wat beoefen word (1 Kor. 12) gaan dit oor sake wat verband hou met geloof en hoop. Die gawes moet so beoefen word dat die liggaam van Christus op die beste wyse gedien word. Die gawes betrek nie aandag op die self nie maar is gerig op ander. Gawes is inderdaad genadegawes en gee nie aanleiding tot persoonlike roem en verheerliking nie.

Paulus trek  alles wat hy tot dusver gesê het soos in ʼn net saam. Hy knoop sy redevoering deur drie belangrike sake naasmekaar te plaas en van mekaar te onderskei. Van die drie is die liefde die vernaamste.

Geloof het met die hier en nou te doen. In die ewigheid sal geloof geen sin hê nie. Dis immers volmaak in die ewigheid. God is alles en in almal, sê die Woord.

Jakobus vra waar die werke is van ʼn mens wat bely dat hy glo. Goeie werke is immers die bewys dat geloof in die praktyk werk. Paulus leer in hierdie hoofstuk dat liefde ook die voorwaarde is vir enige betekenisvolle goeie werke wat ʼn verskil maak aan die mens en die koninkryk.

Dis ook waar van hoop. Hoop word betrek op situasies wat nie ideaal is nie. Daar is hartseer en teleurstelling en pyn. Dis een van die realiteite van ons wêreld. In die ewigheid is alles volmaak. Niks stukkend kan daar bestaan nie. Alles het heel geword. Daarom word die gawes wat hoop bring ook opgeskort by wyse van spreke.

Die liefde egter sal altyd bly. Dit is die leidende beginsel op aarde, weliswaar voorlopig en gebroke. In die ewigheid egter het die liefde volmaak geword. Die Koninkryk van God (die hemel) word deur liefde, meer as enige iets anders gekenmerk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.