ToekomsVenster: Liefde werk met die woordjie potensiaal

pers-blomme-veld

Foto: Anton Darius | @theSollers/Unsplash.com

Alle mense het potensiaal, merkwaardige moontlikhede, ʼn roeping. Elke Christen het ʼn Godgegewe gawe kombinasie, talente, vermoë en elke mens het die potensiaal om ʼn daadwerklike verskil te maak.

1 Korintiërs leer ons dat die Heilige Gees vir elkeen gawes en talente gee soos die Here wil. (1 Kor. 12-14) .

Hy doen dit sodat ons nie afgunstig op mekaar  sal wees nie maar mekaar sal opsoek in die geloof.

By en saam met mekaar kan ons saam ons taak en roeping soveel beter uitvoer. Elke deel van die liggaam het ʼn besondere taak en roeping vir die voordeel van die liggaam van Christus.

Kinders van die Here kyk nie neer op ander mense nie. Ons skep veel eerder ʼn konteks waarbinne die gawes kon ontwikkel.

Ek het die voorreg gehad om in ʼn huis groot te word waar my ouers Christene was en Woordgebaseerde beginsels aan my oorgedra het. Hulle het hard gewerk dat ek as hulle kind met die meeste moontlike opsies bekendgestel kon  word.

Hulle het dit moontlik gemaak dat ek my skool loopbaan kon voltooi en  Universiteit toe kon gaan.

My konteks was van die begin af  relatief positief en het inhoud  gegee aan my potensiaal.

Ek het geen rede om te roem nie.

Dis alles genade.

Daarom durf ek nie my plek en posisie en moontlike  impak gebruik om ander mense af te knou net omdat hulle nie dieselfde het of  bereik het as ek nie.

Alle mense het wonderlike potensiaal as hulle net  die geleentheid gebied word.

Juis daarom moet ek daaroor nadink hoe ek ander kan help om te ontdek wie hulle is.

Dis wat liefde doen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.