ToekomsVenster: Liefdesoffers

liefde-hart-strand-sonsondergangs-voetspore

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Die wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry.” – 1 Timoteus 6:17–19

Dis moontlik dat liefdesoffers soms gesien kan word as ’n ritueel of ’n kerklike plig wat almal moet doen. Rentmeesters wie ryk in die Here is, moet eerder liefdesoffers sien as ’n geleentheid om die liefde van Christus sigbaar te maak. Dus, liefdesoffers word in die hart gebore en nie as gevolg van manipulasie of om godsdienstige verpligtinge na te kom nie. Hoe meer God se liefde ons harte transformeer, hoe meer word ons deur liefde gemotiveer om ook só ons gawes te gebruik om God te vereer. Liefdesoffers is dus ’n reaksie op dit wat God in ons harte doen en só vestig ons Sy koninkryk op die aarde.

Raak prakties

Om liefdesoffers te gee, begin by ons geloof in Christus. Liefdesoffers is nie ’n verpligting of taak wat verrig moet word nie, maar eerder ’n lewenstyl wat gehandhaaf moet word. Watter praktiese riglyne het jy in plek om jou te help op die reis met jou offergawes?

Iets om oor na te dink

Alhoewel ons die vryheid het om nie te gee nie, motiveer die Here ons tog om liefdesoffers vir Sy werk te gee. Die motivering agter liefdesoffers is egter blydskap en nie dwang nie. Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorneem; nie met teensin of uit dwang nie, want God het ’n blymoedige gewer lief.

Gebed

Here, baie dankie dat ek uit liefde aan U offers kan bring.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anton ·

Ek het baie foute gemaak, maar altyd graag gegee. Wanneer ek hier bo lees kan ek in alle eerlikheid se ek gee maklik. Kos, tyd, liefde, blyplek, geld of goed. Ek glo ek tree op in liefde, maar ek is so bang ek gee met bedekte redes, of ek raak arrogant want ek dink ek is oulik. Is ek die enigste mens wat ooit so voel? Ek moet gereeld asemhaal en ontspan, en vir God vra, ondersoek my hart…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.