ToekomsVenster: Liefdeswerk


Liefde-02-Soekie-Krog-Facebook

Foto: Soekie Krog/Facebook.

Ons is besig met 2017-voornemens, gelooofsverbintenisse waarvoor die Gees jou wil bemagtig. Mag hierdie voornemens soos so baie ander voornemens nie versand nie, maar ʼn werklikheid wees en word.

Gister het ons voorgestel dat jy die Bybel met jou sal saamdra, dit sal lees en deel van jou geloofsvormende pad saam met die Here sal maak.

Vandag wil ek met jou praat oor liefdesdiens en werk:

Aangesien julle alles in oorvloed het: geloof, die gawe om julle woord te doen, kennis van God, onbeperkte ywer en ons liefde vir julle, wees dan ook in hierdie liefdeswerk oorvloedig. – 2 Korintiërs 8:7

Oorweeg die volheid en oorvloed van die dinge wat God aan ons skenk, genade op genade:

Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. – Johannes 1:16

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. – Efesiërs 1:3

Ons ontvang nie net die fisieke sorg nie maar ook die emosionele en geestelike onderbou en sorg van die Here. Ons mag as seuns en dogters van die Here Hom daarvoor vertrou. Goeie dade het meermale te doen met ander mense se nood en die voorsiening daarin deur die gawes wat God aan ons toevertrou het. Wy jouself toe aan God om daardie liefdeswerk en goeie dade uit te lewe.

Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. – Efesiërs 2:10

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

René Erwee ·

Baie dankie – dis heerlik om op die manier stiltetyd te hou. Dankie vir die Skrifverwysings

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.