ToekomsVenster: Lig en sout – tot eer van God

sout-en-lig-met-bybel-deur-congerdesign-pixabay

Foto: Congerdesign/Pixabay.com

Lees: Matteus 5:13-16:

13Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.

Gebed:

O Vader, ek verheerlik U vandag as my God. Ek verheerlik Jesus Christus as my Verlosser. Ek verheerlik u Heilige Gees as die Gees van God wat in my woon. Vergewe my waar ek U naam onteer as gevolg van my houding en optrede. Help my om elke dag sout en lig te wees, tot U eer.

Leefwyse:

Maak ʼn kort lysie van twee of drie persone wat deur ʼn moeilike tyd gaan, wat sout en lig baie nodig het. Bel hulle of stuur ʼn e-posboodskap.

Om oor na te dink:

Lees Romeine 12:1-7 noukeurig deur en vra jouself af: Wat vra die Bybel op hierdie punt van my? Hoe kan my lewe ʼn lofoffer vir die Here wees?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.