ToekomsVenster: Lof en vloek, die teenstrydigheid van die tong

Argieffoto (Foto: Unsplash, Pixabay)

Alles wat loop, vlieg, kruip of swem, elke soort dier word en is al deur die mens getem, maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ‘n rustelose kwaad, vol dodelike gif. Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. My broers, so moet dit nie wees nie. ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en brak water opborrel nie. ‘n Vyeboom, my broers, kan tog nie olywe dra nie, of ‘n druiwestok vye nie. ‘n Brak fontein kan mos nie vars water gee nie! – Jak. 3:7-12

Jakobus keer terug na die onvermoë om die tong te beheer en te tem. Die tragiek dat die tong gebruik word om God te aanbid en dan weer om mense wat na sy beeld gemaak is te beledig is op die voorgrond. Lof en vloek noem Jakobus dit.

Die slegte gewoonte om ander kinders van die Here te laster en sleg te se moes in Jakobus se omgewing plaasgevind het. Miskien was Jakobus self die objek van al die venyn. Die onverdedigbaarheid en onhoudbaarheid van so ʼn situasie word deur verskeie voorbeelde belig. Lof en vloek, soet en bitter water, vye en olywe, druiwe en vye, ens. Niemand kan Jakobus daarvan beskuldig dat hy vaag is nie. Dis baie duidelik wat op Jakobus se hart is. Kry klaar met die teenstrydigheid.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nelia van Zyl ·

Baie dankie vir hierdie besonder treffende dagstuk. Die boodskap práát met my.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.