ToekomsVenster: Loof die Here


sing-vir-god

Argieffoto.

Kom, laat ons jubel tot eer van die Here, laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind, laat ons na Hom toe gaan met lof, laat ons Hom toejuig met lofsange, want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. – Psalm 95:1-3

Hierdie pragtige verse roep ons op om aan die Here die lof eer en erkenning te bring wat Hom toekom. Kinders van die Here word aangegryp deur die grootsheid en almag van God.

Sy betrokkenheid in die lewens van mense wat nie op sy genade kan aandring nie, maar dit net met groot dankbaarheid kan ontvang, dring ʼn mens tot lofverheffing. Die woorde lof, toejuig, lofsange, jubel, is gelade begrippe, gelaai met energie, vrymoedigheid, liefde en dankbaarheid.

Gemeentelike samekomste behoort te resoneer met die blye jubeltone van dankbare kinders van God. Belangeloosheid en ʼn halfhartige saamsing komplimenteer hoegenaamd nie die genade en almag van God nie.

ʼn Psalm van Dawid. Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam. – Psalms 103:1

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.