ToekomsVenster: Maak die mense Sy dissipels


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Matt 28: 18

18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20  leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

Om te probeer gehoorsaam wees aan die groot opdrag van die Here, sonder die bemagtiging van sy Gees, is futiel en sonder impak. Juis daarom begin Jesus hierdie opdrag met die woorde “alle mag in die hemel en op aarde is aan my gegee”… en sluit Hy hierdie gedeelte af met die woorde “en weet, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld”. (Matt 28:19)

Ons kan dus drie aspekte rondom hierdie opdrag onderskei. In en by al drie is die buitegewone en onontbeerlike werk van die Heilige Gees die onderbou, gawe en voorwaarde. Sonder Hom kan ons niks doen nie. Die “mag” hou verband met die besondere posisie wat God aan sy Seun gee: “dit is my geliefde Seun, luister na Hom”. By die geleentheid het die Heilige Gees soos n duif op Jesus gekom.

Matteus 3:16

“Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos ʼn duif sien neerdaal en op Hom kom.”

Die opdrag (gaan) hou verband met die gesag wat die Seun as die eniggeborene van die Vader het, “vol genade en waarheid”. Die teenwoordigheid van Christus (by julle) al die dae van ons lewens, hou eweneens verband met die Heilige Gees wat in Sy en die Vader se Naam gestuur is.

Johannes 14:17

“.. naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees”.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.