ToekomsVenster: Maak oop jou deur

Argieffoto

Argieffoto

Johannes 3:16 – God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Omskrywing: Om jou deur oop te maak beteken dat jy uitbeweeg, maar dit beteken ook dat jy mense toelaat om in te kom, want jou deur is oop. Om uit te gaan kan vir elkeen van ons iets verskillends beteken – as ek uitgaan kan ek byvoorbeeld ’n nuwe projek aanpak of iets doen wat ek nog altyd wou gedoen het of by mense of ’n organisasie betrokke raak waar ek ’n bydrae kan maak. Bv. om ’n straatbraai te reël, ’n ander roete huis toe neem, nuwe plekke besoek. Sit bv. ’n R100 in jou beursie wat uitsluitlik daar is om iemand wat jou bedien of help ongevraagd mee te seën. Vra in gebed dat die Here vir jou die persoon moet uitwys wie jy in die week of maand met die geld moet seën. Sê dan vir die persoon – die Here is vir my goed, ek wil iets van sy goedheid konkreet met jou deel.

Om jou deur oop te maak dat iemand kan inkom, is vir sommige baie moeilik, moeiliker as om by die deur uit te gaan. As iemand inkom beteken dit dat jy toelaat dat iemand jou gebrokenheid en stukkendheid kan sien. Dit kan ook beteken dat jy iemand anders toestemming gee om met jou oor hartsake te kan praat, jou dalk tereg te kan wys en dit kan seer en ongemaklik wees.

Geloofsgewoonte: Om elke kwartaal verhoudings te verdiep: Vreemdelinge word kennisse en kennisse word vriende.

Iets om vandag te doen:

Dink aan iets wat jy nog altyd wou doen maar te bang was – maak ʼn punt daarvan om te kyk hoe jy daarby betrokke kan raak.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marlina Erasmus ·

Hierdie Stiltetyd boodskap is deur ‘n vriend aan my gestuur. Kos vir die Siel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.