ToekomsVenster:  Maar vir my sal God loskoop

Argieffoto (Foto: Aaron Burden/Unsplash)

Die prys vir ‘n mens se lewe is te hoog. Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees dat hy vir altyd sal lewe en die dood nooit sal smaak nie. – Ps.49:9-10

Die dood is een van daardie werklikhede waarvan geen mens kan ontsnap nie. Ons praat nie daaroor nie omdat dit vreemd, onvriendelik selfs wreed voorkom. Die hartseer wat die dood van ʼn geliefde teweegbring is onbeskryflik seer. Tog het veral Covid-19 die realiteit van ons eie en ander se sterwe baie naby gebring. Ons moet daaroor gesels anders beoefen ons die spreekwoordelike volstruispolitiek.

Die Bybel is nie stil oor die dood nie, inteendeel. Vir die wat gereed gemaak het daarvoor is daar tallose bemoediging en troos. Vir die wat in rebelsheid voortleef teenoor God se Woord lê daar ʼn onaangename toekoms voor. Mens gun dit uiteraard vir niemand nie, trouens Jesus ook nie. Hy sê immers: “dit is nie my wil dat enige iemand verlore gaan nie, maar dat almal gered word”. (2 Pet.3:9)

Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

Ps. 49 bied drie belangrike perspektiewe oor hierdie saak:

  • Die lewe is gevaarlik en onseker.
  • Die dood is seker.
  • Jy moet gereed maak daarvoor.

Dit is so dat ons bestaan op fisiese wyse kortstondig is en plotseling tot ʼn einde kan kom. Ons kan die toekoms nie daarop bou nie. Dit is van verbygaande aard. Die word “psige” word eweneens vir lewe gebruik, die innerlike, maar emosioneel is ons ewe broos en verganklik. Die kleinste ding ondergrawe ons sekerheid en laat ons verward en broos.

Die derde woord wat in die nuwe Testament vir lewe gebruik word, is “Zoé”. Die woord kom 143 keer in die nuwe Testament voor en verwys na die lewe wat God in Christus gee. Dit is om hier en nou vanuit sy genade en voorsiening te lewe en die toekoms met geloofsvertroue tegemoet te gaan. Die lewe is inderdaad onseker, ja, selfs gevaarlik.

Die ander werklikheid waarmee Ps. 49 ons konfronteer is dat die dood is seker en niemand daarvan kan ontsnap nie. Ongeag posisie, status, besit of geleerdheid loop almal uiteindelik dieselfde pad. Hebr. 9:27 is daaroor duidelik:

 ‘n Mens is bestem om net een maal te sterf, en daarna kom die oordeel.

Die derde en uitnemende werklikheid is dat verlossing moontlik is.

 Maar vir my sal God loskoop uit die mag van die dood; ek sal aan Hom behoort. – Ps. 49:16

Die vierde werklikheid is dat ons vertroue op die regte plek moet wees – die staan soos ʼn paal bo water dat aardse sekuriteite krummel voor die aanslag van die dood en die lewe hierna.

Die vraag is uiteraard waarop jy bou?

Mag dit wees dat jy die wonder van Ps. 49:16 ter harte neem, toe-eien en dankbaar daarvoor lewe.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U die Hoogste Prys alreeds betaal het…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.