ToekomsVenster: Mag die Here ons gesinne bewaar


Argieffoto (Foto: dagon_, Pixabay)

Spr. 6:20,21
NV

My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie.
21 Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef;

OV

20 Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;
21 bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;

Dit is opmerklik dat baie mense in die spreekkamer sê “dis nie hoe ek grootgemaak is nie”. Die invloed wat Goddelike ouers in kinders se lewe het kan nie gemeet word nie. Dis enorm belangrik vir die hele lewe.

Soos die ouer is gaan die kind ook waarskynlik wees.

Mens vind dit in die praktyk so. Die voorbeeld van die ouers word as normatief aanvaar en die kinders tree ook so op. Dit maak tog sin. Kinders is soos sponse. Hy absorbeer alles energiek en het nie die verwysingsraamwerk om dit te beoordeel nie. As die ouers losbandig leef is dit die norm, dis navolgenswaardig en waar. Die teendeel is ook waar.

Dis net so gekompliseerd en verwarrend vir kinders wanneer ouers twee stelle waardes het. Een wat vir hulle geld omdat hulle sg. groot mense is en die reg om ongebonde te leef verwerf het.

Die ander stel waardes geld vir die kinders.

Hulle mag die optrede van hul ouers ook nie bevraagteken nie maar moet dit vermy.
In ons teksgedeelte is die aangesprokenes egter die kinders.

Dit is eweneens waar dat kinders kan besluit om die opvoeding wat hul ouers hul gegee het te ignoreer. Die verlore seun se verhaal is ʼn goeie voorbeeld.

Mens vind dit ook in die praktyk. Soos daar kinders is wat ʼn slegte opgroei omgewing ten spyt uitstyg in die lewe is daar kinders wat ʼn opbouende omgewing ten spyt die pad byster raak.

Mag ons kinders hul opvoeding nie versaak nie.

Mag ons ouers hul verbondsverantwoordelikheid nakom.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.