ToekomsVenster: Mag die Here vir ons vrede gee


woud_pad_stilte_boekevat_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Psalm 79:1 –  Heidene het u land binnegedring, o God, hulle het u heilige tempel ontwy en Jerusalem in puin gelê.

Die vernietiging van eens trotse kerkgeboue, sommige met ʼn ryke tradisie en geskiedenis deur ekstremistiese godsdienstige groepe laat ʼn mens koud. Natuurlik is die ware tempel van die Here gelowiges self. God woon nie in geboue van klip nie. Tog kan ʼn mens sê dat daardie ruimte gesoneer was vir die samekoms van heiliges, God se uitverkore en lieflingkinders. In daardie ruimte is kinders gedoop, belydenisse gedoen, bekerings ervaar, trane gestort. Ontmoetings met die lewende Here het daar plaasgevind en die Woord is in sommige gevalle vir eeue getrou daar verkondig.

In sommige van die geboue, katedrale, is kosbare artefakte geberg. Skilderye en behangsels wat op sigbare wyse getuig het van die God van die eeue, Abraham, Isak en Jakob.

Op ʼn dag besluit opstandelinge om alles met die grond gelyk te vee sonder enige respek vir die geskiedenis daarvan. Ek weet dis aardse dinge, ek weet die gebou het nie ewigheidswaarde nie, en tog, iets kosbaars het verlore gegaan.

Mag die Here vir ons vrede gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.