ToekomsVenster: Ons kan en mag nie stilbly nie


God

Foto: Argief.

Psalm 78:3 – Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons vaders ons vertel het, sal ons vir ons kinders nie verswyg nie. Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het.

Die Bybelverhale is aanvanklik so oorvertel. Skryfkuns het mos eers later ontstaan. Geslagte het die groot heilsdade van God in die lewe van sy volk lewendig gehou deur dit verbatim aan hul kinders oor te dra. Ons moet ook nie versuim om ons kinders voor te lig oor wie God is en wat Hy vir ons kom doen het nie. Veral ʼn mens se persoonlike getuienis oor die getrouheid van God te midde van die soms onstuimige werklikheid van die lewe is kragtig. “Het Pa jou vertel van die keer toe Jesus hom gehelp het?” en: “Ouma het altyd die storie vertel van die keer toe Jesus tot haar hulp gekom het.”

God het nie moed opgegee met mense nie. Hy is steeds aktief betrokke in hul lewe. Hy is getrou van geslag tot geslag. Selfs die dae gee die boodskap van God se goedheid en guns aan mekaar deur, getuig die psalmdigter.

Psalm 19:3: Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee.

Ons kan en mag nie stilbly nie. Verhale van God se getrouheid wek geloofsvertroue. Dit laat die nageslag ook vertrou soos hul ouers en voorouers gedoen het. Moenie stilbly nie. Die Here het mos mooi dinge gedoen in jou lewe of hoe?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Soekie ·

Goeie more Roela

Lees asseblief 2 Kronieke 20:17a – dit is spesiaal vandag vir my gegee in my omstandighede. Ons dien ‘n Almagtige God.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.