ToekomsVenster: Mag God jou seën

(Foto: Karson/Unsplash)

Ons lees die viervoudige Franciskaanse seënbede nou as ʼn geheel. Luister mooi daarna. Dis prentjie mooi, vol belofte en troos.

Mag God jou seën:

  • met ʼn onklaarkomstigheid oor maklike antwoorde, halwe waarhede, en oppervlakkige verhoudinge… sodat jy in liefde altyd by die waarheid sal bly en die wat van jou verskil ook in liefde sal kan aanvaar.
  • met heilige woede oor onreg, onderdrukking en uitbuiting van mense… sodat jy die eerste een sal wees wat werk vir geregtigheid, vryheid en vrede tussen al die mense om jou.
  • om te kan huil saam met hulle wat seerkry as gevolg van pyn, verwerping, honger of omdat hulle alles verloor het wat vir hul kosbaar was… sodat jy jou hand kan uitsteek om te troos en hul pyn in vreugde te verander.
  • met genoeg dwaasheid om te glo dat jy ʼn verandering in hierdie wêreld kan maak… sodat jy kan doen wat ander sê nie gedoen kan word nie.

Ek wonder waar jou gedagte vasgesteek het?

Mag ons lewens toenemend van hierdie genade getuig.

Dit was aangenaam om saam met jou na te dink oor hoe die Here die seënbede in ons elkeen se lewe wil gebruik.

Al wat vir my oorbly is om te sê: “Mag God jou seën”.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.