ToekomsVenster: Maria, Jesus se ma


Maria-Jesus-se-ma

Foto: Quotesgram.com

Maria is ʼn jong onervare meisie en verloof aan Josef. Wanneer die engel aan haar verskyn en as begenadigde groet, skrik sy. Gabriel stel haar gerus en vertel haar van God se uitsonderlike plan vir haar lewe. As ongetroude kan sy nie verstaan hoe sy swanger kan word sonder om met Josef getroud te wees nie. Die engel verseker haar dat God deur sy Gees haar sal “oorskadu” en dat sy lewe sal skenk aan die Verlosser van hierdie wêreld.

Uiteraard was dit baie riskant vir Maria om buite die eg swanger te wees. Sy kan met haar lewe daarvoor boet, asook deur haar verloofde, haar gesin en die samelewing verwerp word. Desnieteenstaande, in ʼn stap van ongekende geloofsvertroue, verklaar sy haar beskikbaar vir wat die Here ook al met haar in gedagte het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.