ToekomsVenster: Meer as net ’n bietjie liefdadigheid op die kantlyn


dakloos

Foto: Josemdelaa/Pixabay.com

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook inChristus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, hetsy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. – Filippense 2:5-8

Na my mening is die groot vraag waarmee kerkleiers vandag moet besig wees: “Hoe moet ’n kerk lyk wat skatryk is aan eiendom, mannekrag, vaardighede en kommunikasiemiddels in ’n land met van die hoogste HIV-syfers in die wêreld, reuse werkloosheid, massas weeskinders, groeiende rassehaat en moedeloosheid?”

Ek is nie seker wat die antwoord is nie, maar ek dink dit sal baie help as ons kan leer om kerk te wees saam met die wat byvoorbeeld HIV positief is, die werkloses en die weeskinders – en nie net na hulle uitreik nie.

Nou die dag vertel Justice Tsungu my weer sy aangrypende verhaal: “My hele lewe het destyds verander toe ek by een van God se mense gesteel het,” begin hy en vertel dan hoe hy as straatkind by ’n vrugtestalletjie gesteel het. Die vrou wie se stalletjie dit was en haar man, die dorp se skoolhoof, het hom na die diefstal in hulle huis ingeneem en hom die geleentheid gegee om skool te gaan. Later word hy toe self ’n skoolhoof en bekende radio- en televisiepersoonlikheid; ’n vredemaker! Dit was hulle goedheid wat sy lewe verander het.

Omgee word gespel: M – O – E – I – T – E

Gedagte

Jesus het afgekom aarde toe; ons moet ook.

Gebed

Here help my om naby genoeg aan die nood in hierdie wêreld te beweeg sodat mense my sal glo as ek sê ek gee om. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Woorde is maar hol wanneer dit nie oorgaan tot dade nie. Gift of the givers het sopas n massiewe hulpprogram in Knysna geloods. Ek hoor niks van die Christelike kerk nie, of moet daar eers weer n sinode of komitee sitting wees. Kom Jannie, daar is die kerk se geleentheid om nou n verskil te maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.