ToekomsVenster: Meer as oorwinnaars


vryheid

Argieffoto.

Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie vir ons ongeregtighede nie, want so groot as die afstand tussen hemel en aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. – Psalm 103:8-12

Sonde kan ʼn mens verrinneweer. Trouens, dis die bedoeling van sonde as instrument in die hande van die duiwel en sy demoniese trawante. Ons is egter nie aan sonde uitgelewer nie. In Christus is ons meer as oorwinnaars. God het geen behae daarin dat ʼn mens in sy sonde sterf nie. Soos die pa van die verlore seun in Lukas 15, wag Hy dat jy sal terugkom na die Vaderhuis. By Hom is daar veiligheid en vertroosting. Daar is ongekende vreugde in die hemel as ʼn sondige mens tot bekering kom. Is jy vandag daardie mens?

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. – 1 Joh.1:9

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

neelsie ·

Dankie Here vir U genade.
Laat Jesus toe om jou beste vriend te wees.
Kom in verhouding met Jesus.
Hy is nie net ons ‘klaagmuur’ en voorsiener nie,
Hy is ons Verlosser en Here.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.