Van binne af, uit die hart van die mens, kom die slegte gedagtes: onkuisheid, diefstal, moord… – Markus 7:21
Die owerheid het ʼn bedrag van R350 toegewys om werkloses by te staan toe Covid-19 in al sy felheid op ons losbreek. Mens vorder nie ver daarmee nie, nie as ʼn mens die lewenskoste in berekening bring nie. Tog is dit beter as niks en het dit waarskynlik vir baie ten minste ʼn brood op die tafel beteken.
Om te lees dat nie minder as 40 000 staatsamptenare nie onwettig aansoek gedoen het om die skamele meevallertjie te bekom is ontstellend en eintlik onwerklik.
Volgens Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, is die meeste van die aansoeke gefnuik alhoewel R84 350 van belastingbetalers se geld onregmatig in hierdie selfsugtige mense se sakke beland het. Stelsels is intussen in plek gebring om te verseker dat dit nie kan gebeur nie en dissiplinêre optrede teen die skuldiges volg.
Suid-Afrika se hart is nie altyd so mooi nie en ek is daarby ingereken. Ons het meer van die Here se ingesteldheid en waarheid nodig.
Die lied “Standing in the need” sê:
It’s me, it’s me, it’s me, oh Lord
Standing in the need of prayer
Not my father, not my mother
Not my sister, not my brother
Not the people that are shoutin’
Not the members I’ve been doubting
But it’s me, oh Lord
Standing in the need of prayer
Die tyd vir die oordeel het aangebreek; dit begin by die huis van God. En as ook ons geoordeel word, en dit is nog maar die begin, wat sal die uiteinde dan wees van hulle wat nie na die evangelie van God wou luister nie? – 1 Petrus 4:17
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za
Here verlos hierdie land se mense van selfsug en gierigheid…Here ek aanskou die verwoesting wat dit bring in so baie lewens ,in gesinne …..Amen