ToekomsVenster: Mense wat bid

gesprekke-met-God

Gebed is die mees intieme en intense ruimte wat daar is. Foto: Argief.

Gebed is seker die mees intieme en intense ruimte wat daar is. Dit is waar God en ons gefokus ontmoet. Dit is waar God so na ons luister en so met ons praat en ons met God dat ons werklikwaar nie kan onderskei of dit God, of ons was wat aan die woord of aan’t luister was nie.

Gebed is om naby God te leef. Om so te leef dat God en God se beeld na aan mekaar is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae