Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag. Deuteronomium 6:4-5
Ds. Jannie Pelser herinner ons vandag dat Christene mense is wat luister. Vir ons wat ons deur God se Woord en Gees wil laat lei, is dit belangrik om na Jesus se woorde te luister.