ToekomsVenster: Met jou hele hart

Foto: pixabay.com

Joël 2:11 – Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur!

Sondebelydenis is veel meer as die “terloopse” wat dikwels deel van ons gebedslewe vorm. Die standaardgebed is ʼn inkooplysie met min en geen tyd vir luister nie.

Die Heilige Gees kry nie geleentheid om sy oortuigingswerk te doen nie, want die gebed het die karakter van ʼn monoloog. Indien hoegenaamd word sonde as die laaste sinnetjie net voor, “nie dat ons dit verdien nie maar net uit genade” geplaas.

Ek probeer daarmee nie iets wat baie persoonlik en intiem is bespotlik maak nie, inteendeel. Ons verhouding met God is nie iets wat aan buite standaarde gemeet kan word nie. Net jy weet wat tussen jou en God gebeur, uiteraard Hy ook.

Daar mag tekens wees wat daarop dui dat alles nie pluis is nie maar dit is steeds niks meer as ʼn vermoede nie. Die Here weet alles en die Here is goed, genadig en getrou, wat ʼn heerlike waarheid.

Ek wil egter ʼn gedagte oor belydenis in jou midde plaas: Die woorde “met julle hele hart” verduidelik wat met sondebelydenis gedoel word, nie ʼn terloopse opmerking nie, maar ʼn emosionele introspeksie voor die Here bring dit wat verkeerd is in jou lewe.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.